10 Julie se sukses
Ons is baie bly om te kan deel dat die afgelope Vrydag se veiling ‘n groot sukses was! Ons wil graag almal bedank wat voor en agter die skerms tot die beplanning bygedra het, en ook vir ons gaste en kopers bedank. Sien julle in Februarie 2021!
Duurste ram (lot 52): R32 000
Duurste twee- tot viertand tweeling-dragtige ooi: R4 000
Duurste twee- tot viertand enkel-dragtige ooi: R3 200
Duurste sestand-volbek tweeling-dragtige ooi: R3 600
Duurste sestand-volbek enkel-dragtige ooi: R3 200
Duurste bul (lot 5): R100 000

