2021 Veilings

Op DONDERDAG, 4 FEBRUARIE 2021 vind die 43ste KROMSPRUIT DOHNE-MERINO EN BOVELDERVEILING plaas.

Sou u nie die veiling in persoon kan bywoon nie, klik asseblief op die SwiftVee logo hieronder om te registreer vir die aanlyn-veiling.

Ons bied die volgende aan:

660 Dohne-Merinoskape, bestaande uit:

  • 20 AA beproefde KI-ramme
  • 40 AA ramme
  • 250 ooie (tweetand, swaardragtig – sal lam in Maart of April 2021, met agt maande se wol)
  • 300 ooie (sestand tot volbek, swaardragtig – sal lam in Maart of April 2021, met agt maande se wol)
  • 300 dosisse semen van FS 17-0424

610 Bovelers, bestaande uit:

  • 15 bulle
  • 200 koeie met kalwers (koeie as swaardragtig gesertifiseer, sal kalf in Augustus 2021) 
  • 100 koeie (swaardragtig, sal kalf in Maart of April 2021) 
  • 125 verse (swaardragtig, sal kalf in Maart 2021)  

Losgoed:

  • 1 JF 9000 S2 kuilvoer ontlaaiwa
  • 1 25 kVA kragopwekker, Perkins enjin
  • 1 Rovic 3-ton kalkstrooier
  • 2 2018 Landcruiser 4.2D, 85000km
  • 1 2015 Landcruiser 4.2D, 175 000km

ONTHOU DIE DATUM: Die 44ste KROMSPRUIT DOHNE-MERINO EN BOVELDERVEILING vind op VRYDAG, 9 JULIE 2021, plaas. Meer inligting sal volg. 

Die aanbod sluit in:

  • 60 ramme
  • 600 ooie
  • 50 Bovelderbulle