Category Archives

4 Articles

Vrydag, 8 Julie 2022

Posted on

Die 46ste KROMSPRUIT BOVELDER EN DOHNE-MERINO VEILING vind op VRYDAG, 8 JULIE 2022 om 11:00 te Stormhoek, Memel plaas. Die Bovelder- en Dohne-aanbod is werklik van hoogstaande gehalte! Kom leer gerus meer oor die teeldoelwitte, onder andere vrugbaarheid en aanpasbaarheid. Diere is geteel in suurveld en sal enige plek in Suid-Afrika kan aanpas! Sien die aangehegte pamflet met meer besonderhede.  Klik op die video skakel vir meer inligting: https://youtu.be/hqLznunI9I0  

Die veiling word ook aanlyn deur SwiftVee aangebied vir mense wat nie daar kan wees nie. Registreer op SwiftVee om dit aanlyn te kyk: https://auctions.swiftvee.com/#!/auctionDetails/5178 

Vir enige navrae, kontak vir Con van der Merwe by Vleissentraal (0829212300) of afslaer Ian Grobbelaar op 0609656207. Jy kan ook enige tyd die verkopers, Mark en Freddie Schmidt, kontak op 0847466616 of 0828527942.

Streekswenner vir 2019

Posted on

Ons is trots om te deel dat die KROMSPRUIT DOHNE-MERINO STOET van SCHMIDT BOERDERY aangekondig was as die Dohne-Merino Teelgenootskap se Bobaasteler vir 2019 in Streek 6. Dit is die elfde keer dat ons as wenner in Streek 6 verkies word, en ons het ook al drie keer die nasionale titel gewen. Dit is baie belonend om te sien dat harde werk en toewyding erken word. Vir bykans 125 jaar streef ons al ons teeldoelwitte na: vrugbaarheid, uitstekende bouvorm, perfekte wol, en goeie aanpasbaarheid – die ideale skaap om mee te boer! Vir meer inligting, klik gerus hier om die artikel op die Dohne-Merino Telersgenootskap se webblad te lees. 

Dohne-Merinokursus te Stormhoek, Memel – 3 & 4 Julie

Posted on

Kobus Delport, bestuurder van die Dohne-Merino Telersgenootskap van Suid-Afrika, bied hierdie praktiese en verrykende kursus te Stormhoek, Memel aan. Die kursus sal elke bywoner bemagtig met belangrike kennis van Dohne-Merino teling en boerdery. Kontak asseblief vir Corlia by Vleissentraal, Frankfort by 058 813 1067 om vir die kursus te registreer. Vir meer inligting, volg gerus hierdie skakel: Lees meer.

Kyk hier na foto’s van die geleentheid: https://www.facebook.com/SchmidtStormhoek/posts/476618703094417