KROMSPRUIT DOHNE MERINOS en BOVELDERS

By Stormhoek bestaan ons gemengde boerdery uit die teel van Dohne-Merinoskape en Bovelderbeeste, sowel as die verbouing van mielies en sojas vir voer. ‘n Beperkte selektiewe beweidingstelsel word toegepas, en alle vee word elke week na ‘n nuwe kamp toe geskuif.  Tropgroottes is ongeveer 100 vroulike diere elk.