Veiling van Vrydag, 18 Februarie 2022
Freddy en Mark Schmidt het ‘n uitstekende 45ste veiling agter die rug.
Al 600 ooie is verkoop teen ‘n baie goeie pryse. Die duurste tweeling-geskandeerde dragtige ooie verkoop teen R4,700 stuk met ‘n gemiddeld van R4,250. Die duurste eenling-geskandeerde dragtige ooie behaal R4,000 met ‘n gemiddeld van R3,600 stuk. Die twee duurste ramme verkoop teen R28,000 elk met ‘n gemiddeld van R16,500 op die ramme met slegs 2 ramme nie verkoop nie.
Die duurste 3-in-1 koeie met kalwers gaan teen R32,000 met ‘n gemiddeld van R31,340. Die duurste dragtige verse behaal R25,000 met ‘n gemiddeld van R23,340. Die duurste dragtige koeie verkoop vir R26,000 met ‘n gemiddeld van R23,650 en koeie met kalwers gaan vir gemiddeld R27,200. Agt 2-jaar oue bulle, van die veld af, verkoop vir R40,000 stuk. Dit is natuurlik nie nou bulverkooptyd nie, so daar sal nog beskikbaar wees later in die jaar.
Die verkopers en Vleissentraal bedank ook elke koper, en natuurlik ook die onderbieërs. SwiftVee het die veiling in samewerking met Vleissentraal Frankfort aangebied. Kopers oor ‘n baie wye gebied het die veiling bygewoon. Die 46ste Kromspruit veiling vind op Vrydag, 8 Julie 2022 plaas.