Vrydag, 8 Julie 2022
Die 46ste KROMSPRUIT BOVELDER EN DOHNE-MERINO VEILING vind op VRYDAG, 8 JULIE 2022 om 11:00 te Stormhoek, Memel plaas. Die Bovelder- en Dohne-aanbod is werklik van hoogstaande gehalte! Kom leer gerus meer oor die teeldoelwitte, onder andere vrugbaarheid en aanpasbaarheid. Diere is geteel in suurveld en sal enige plek in Suid-Afrika kan aanpas! Sien die aangehegte pamflet met meer besonderhede. Klik op die video skakel vir meer inligting: https://youtu.be/hqLznunI9I0
Die veiling word ook aanlyn deur SwiftVee aangebied vir mense wat nie daar kan wees nie. Registreer op SwiftVee om dit aanlyn te kyk: https://auctions.swiftvee.com/#!/auctionDetails/5178
Vir enige navrae, kontak vir Con van der Merwe by Vleissentraal (0829212300) of afslaer Ian Grobbelaar op 0609656207. Jy kan ook enige tyd die verkopers, Mark en Freddie Schmidt, kontak op 0847466616 of 0828527942.
